Wednesday 20 June 2012

Winter Sonstilstand

Met 'n pak geverfde wildehonde jaag die druide doelgerig
na die flou son wat stadig kwyn.
En die son sê ek is nou moeg,
dit was 'n lang jaar.
ek gaan nou slaap en verduister.

My dierbare son, die aarde het jou nodig,
die lewe het jou nodig, kom terug.

En die druide dans met sy wilde honde,
om die son wakker te hou,
sirkels in die stof en sing - grom - tjank.

Swart en koud lê en slaap die son,
maar die druide slaan sy ysterklip,
en die vonke laat droë mos brand,
en die vlammende mos steek 'n byewas kers aan.

Ek en my honde sal oor jou waak son,
niks sal jou steur nie.
môre moet jy sterk wees,
môre begin 'n nuwe seisoen.

2 comments:

  1. ...ek voel soos die son!

    Sent from a koppie in die karoo.....

    ReplyDelete
    Replies
    1. sal vir jou 'n byewas kers moet organiseer ...

      Delete