waaroor

Die Overberg Druïde Kring verteenwoordig 'n groep belangstellendes wat deur liefde vir die natuur en hul uiteenlopende kennis en agtergrond, 'n positiewe bydrae tot die bewaring van die natuur en mens se verhouding met die natuur wil maak. Moderne Westerse, tegnologies-aangedrewe samelewing wat ons vir onsself oor die laaste paar eeue saamgeflans het, het ons verbintenis met die natuur versteur. Vir honderd-duisende jare was ons deel van die natuur - ons hele liggaam en siel is stadig gebou en ontwikkel, deur ewolusie, in hierdie simbiose. Die laaste 6000 jaar, 'n oogwink, het ons stadig maar seker onsself verhewe begin aanstel bokant die natuur, vervreemd van ons ingebore behoeftes het ons stadig maar seker mal geraak.

Ten einde ons verbintenis met die natuur te herwin, spirituele en emosionele groei aan te wakker, volg die lede van hierdie kring verskeie paaie. 'n Pad van kennis oor alle fisiese aspekte van die Overberg biome, die hartland van hierdie kring. 'n Persoonlike pad wat wat al hoe meer en meer lewenstyl aanpassings vereis, om minder indruk op die omgewing te maak. Die oud-bewoners, Khoi-Khoin en San, het hier 'n magdom kennis nagelaat oor hoe mens saammet die natuur lewe. En laastens, 'n geestelike pad om 'n beter samelewing te skep, om te verstaan dat alles en almal met alles en almal verbind is, en om onsself weer te vind ... terug by die begin.