1. Inleiding - Is daar rede tot kommer?
Dit lyk of ons ons bevind in wat Capra (1996:3) noem “ ‘n krisis van persepsie”; dat ons huidige denkwyse verouderd is en nie in staat om die mas op te kom teen die omgewings krisisse wat ons huidiglik in die gesig staar nie. Ons wêreldsiening is nog onderhewig aan ‘n Cartesiese denkwyse wat ons oortuig dat westerse kennis en wetenskap die panacea is wat ons gaan red van alle kwaad en alle probleme in die niet gaan laat verdwyn terwyl ons ‘n goue itopiese toekoms binnegaan. Ons het ‘n skuif uit hierdie paradigma nodig.
Kortliks uitgebry, staaf ek my argument in a) en b) soos volg:
‘n 2007 Verslag van die IPCC (Inter-governmental Panel on Climate Change) dui onder andere op die volgende punte:
- Elf van die laaste warmste jare op rekord het geskied in die twaalf jaar periode tussen 1995-2006.
- Sedert 1961 het die gemiddelde seevlak met ongeveer 1.8mm per jaar gestyg en het sedert gestyg tot 3.1mm per jaar in die periode na 2003.
- Arktiese see-ys het merkbaar verminder sedert 1978, en gletsers is besig om te smelt.
- Presipitasie patrone is besig om te verander met die moontlikheid van langer droogte periodes. Algehele sneeu neerval het ook afgeneem.
- Hittegolwe het vermeerder en tropiese siklone het toegeneem in sterkte.
Alhoewel die aarde deur natuurlike klimaatsiklusse gaan, dui bewyse uit ys kerne daarop dat die algehele vlak van GHG (greenhouse gasses) gestyg het sedert die aanvang van die industriële revolusie, met CO2 vlakke wat gestyg het van 280ppm tot 430ppm (Stern 2007:ii)
Met die bogenoemde krisis as agtergrond wil ek graag meer in diepte kyk na die rol van leierskap.
Daar bestaan geen twyfel by my dat ons as mensdom oor die eeue sekerlik gewonder het oor ons plek in die natuur, die impak van menslike aksies op die omgewing waarin ons leef of die regte van die ‘natuur’ in die geheel. Dit is egter eens teen die einde van die vorige eeu dat die formulering van wat beskryf
Die idee dat ons menslike aksies wyer ekologiese implikasies het, het gelei tot meer in-diepte filosofiese besprekings in die 70’s; met veral 1973 wat gesien word as waterskeidingsjaar toe die filosoof Richard Routley sy skrif “Is there a need for a new, an environmental ethic?” voorgelees het by die Wêreld Filosofie Konverensie (Hattingh 1999: 69). Dieselfde jaar sou Arne Naess se opstel, “The shallow and the deep, long-range ecology movement” die lig sien wat die fondamente gelê het vir die onstaan van die ‘Deep Ecology’ beweging (Hattingh 1999: 69). Die debat rondom etiek het voortgewoed deur die 70’s maar dit was eers teen 1979 dat Eugene Hargrove die eerste uitgawe van die joernaal ‘Environmental Ethics’ gepubliseer het, en in die woorde van Palmer (2003: 16): “…now undisputedly the most significant journal in the field”.
Dit beteken egter nie dat daar geen konsensus bestaan tussen die verskeie filosofiese sienswyses nie; breedweg gekategoriseer sien Arne Naess die debat rondom omgewings etiek bestaande uit twee standpunte, nl: “Shallow” en “Deep Ecology” (Capra 1996:7). “Shallow ecology” kan beskryf word as ‘n sterk antroposentriese sienswyse wat die waarde van die natuur sien slegs in terme van die praktiese waarde wat dit inhou vir mense. Die “Deep Ecology” perspektief sien die waarde van die natuur as intrinsiek, iets wat waarde op sig self het, ongeag die nut aan die mens. Die bogenoemde verdeling is ‘n baie ‘rowwe’ indeling en daar bestaan ‘n breë spektrum van opinies onder elk van die twee indelings. Die verskillende opinies is egter nie vir my van belang nie, maar wel die konsep van waarde, wat die onderliggende verskil tussen die perspektiewe is. Dit is hierdie konsep van waarde en ons interpretasie van waarde wat ek graag meer in diepte will beskou.
3. Waarde
As waarde slegs gesien word in terme van die nut wat dit inhou vir die mens, soos gesien vanuit die antroposentriese oogpunt, dan beteken dit dat ons as mens basies carte blache het in terme van hoe ons die konsep ‘waarde’ interpreteer. Vanuit so ‘n oogpunt is dit maklik om te sien hoe iets soos die vernietiging van die natuur vir die ontgunning van natuurlike hulpbronne verdedig kan word in terme van die ekonomiese waarde wat dit inhou.
Aan die teenoorgestelde kant, vanuit die sterk ‘Deep Ecology’ oogpunt, is daar die gevaar dat die regte van die individu opgeoffer kan word vir die groter geheel (Hattingh 1999: 76), dat die reg van die natuur verhewe is bo die van die individu.
Die probleem is dat die lewe en die daaglikse bestaan nie net ‘n swart of wit stryd is tussen die mens en die natuur nie, maar daar is ‘n oneindige hoeveelheid ‘grys’ areas wat nie so maklik gekategoriseer kan word nie. Dit is hierdie sogenaamde grys areas wat sentraal is tot die debat rondom die konsep van waarde in omgewings etiek.
Soos verwag
Hoe bepaal ek waarde? Persoonlik bevind ek myself in die ‘deep ecology’ kamp; ek glo alles het intrinsieke waarde, en dat alles ‘n gelyke reg het om te bestaan; ek is deel van die natuur en die natuur is deel van my. Maar selfs vanuit hierdie oogpunt geskied my besluitneming nie van ‘n gelyke grondvlak af nie, maar is gegrond in ‘n vloeibare hierargiese sisteem wat homself aanpas binne elke unieke konteks. Hoe ag ek die waarde van ‘n boom in vergelyking met ‘n woud of ‘n ekosisteem? Het alles nog steeds gelyke waarde? Ek weet dat indien ek die keuse gegee sou word om te kies tussen die lewe van ‘n plant of ‘n mens, sal ek die lewe van die mens kies bo die van die plant. Selfs al kies ek die lewe van die plant bo die van die mens impliseer dit nog steeds ‘n mate van antroposentrisme, aangesien dit nog steeds ek is wat die keuse maak gebaseer op ‘n sekere hierargiese waarde bepaling.
Dit mag miskien ‘n banale voorbeeld wees, maar dit dui op die feit dat ons nie
Gesien op ‘n meer prakties ekologiese vlak, speel die stryd rondom omgewingsbewaring hom gereeld af binne die ‘natuur vs. ekonomie’ debat (Norton 1991: 4); m.a.w. die vernietiging van die natuur is geregverdig op grond van ekonomiese waarde wat dit inhou vir die oortreders. In baie gevalle hang mense se ekonomiese bestaan af van skadelike praktyke, wat ons natuurlik in ‘n morele penarrie los, want sonder hierdie praktyke
Gegewe ons sogenaamde gevorderde tegnologiese kennis en vaardigheid, staan ek altyd in verwondering oor presies hoe ons in hierdie ekologiese penarrie beland het. Dit is nie asof die skrif nie al lankal teen die muur was nie, maar ten spyte van alles staar die dieptes van ‘n ekologiese ramp ons in die gesig.
Ongelukkig het die reaksie van leiers, regerings en ons as publiek op hierdie dilemma tot niks meer as ‘n kollektiewe nul op ‘n kontrak gelei nie. Nêrens is die mislukking van ons kortsigtigheid meer duidelik as in die resultate van die COP vergaderings, wat nou in sy 17de jaar, nog tot geen bindende strategie gelei het nie.
Die afwesigheid van enige noemenswaardige omgewings etiek in beleids formulering en implementering is al voor die deur van menige dinge gelê, insluitend: ‘die skaal van die probleem is te groot’; die afwesigheid van ‘n omvattende trans-disiplinêre benadering of die bevooroordeling van navorsing oor praktiese toepassing daarvan; weinig word daar egter na die gebrek aan leierskap verwys as moontlike oorsaak (Manolis, Chan, Finkelstein, Stephens, Nelson, Grant, Dombeck, 2008:880).
Volgens Heifetz (1995: 49) is daar ‘n algehele misverstand tussen die betekenis van die konsep leierskap en outoriteit; hierdie is nie konseptueel identiese terme nie. Die tendens is daar om die terme as deel van dieselfde geheel te sien, maar na regte is outoriteit maar slegs een aspek van leierskap. As dit nie reg benader word nie
Wanneer leierskap uit die oogpunt (hierargies/dominansie) aanskou word, mis ons die punt van wat dit beteken om in ‘n demokrasie te bly (Heifetz 1995: 61), want leierskap is binne bereik van elkeen van ons en nie net ‘n ‘talent’ van ‘n beskore paar individue nie. Dit is immers ons plig en verantwoordelikheid as deel van die sosiale kontrak as burgers om deel te neem in besluitneming en die formulering van ‘n meer etiese samelewing. Die outoriteit wat ons het om tot aksie oor te gaan behoort vasgevang te wees in die kulturele norme van ons samelewing (Heifetz 1995: 62).
Die uitdaging lê in die omskakeling van individuele leierskap na institutionele verandering, e.g. die veranderings wat individue in hulle eie lewens maak
Volgens Capra (2002: 102) is die feit dat ons nog grotendeels ‘n Cartesiese uitkyk het op die natuur, die samelewing en intitutionele beleid daarvoor verantwoordelik dat ons nog nie enige noemenswaardige institutionele verandering kon meebring nie. Ons institutionele raamwerk is nog steeds dié van ‘n goed ge-oliede masjien, waar alle parte saamwerk om die masjien te laat werk. Om dus ‘n korporasie (as voorbeeld) te laat werk, moet die bestuurder seker maak dat al die ‘parte’ hulle werk doen en optimaal funksioneer; hoe beter die parte funksioneer, hoe beter funksioneer (profeit) die korporasie. As ‘n part (werker) nie behoorlik werk nie, word hy/sy vervang met een wat beter werk.
Die problem met hierdie sienwyse is duidelik dat enige intelling nie net bloot ‘n werkende masjien is nie, maar bestaande uit ‘n “gemeenskap van mense” (Capra 2002: 99) wat interaksie het met mekaar ,verhoudings vorm en ‘n komplekse geheel vorm wat nie vergelyk kan word met die werking van ‘n blote masjien nie.
Ongelukkig sien ons onself ook grotendeels as dele van ‘n masjien, ons eie persoonlike sukses is onderhewing aan die sukses van die korporasie, ons werk almal saam as ‘n ‘span’ sodat die besigheid goed
Deel van die problem is wat Heifetz (1995:60) noem ons “habitual deference to power”; ons ruil ons demokratiese regte vir dinge soos sekuriteit en stabiliteit, soms onder verskuilde dwang. Gesien in die konteks van werk loop ons altyd die gevaar om ons werk te verloor; deur gesag aan te vat staar ons werkverlies en onsekerheid (emosioneel en finansiëel) in die gesig. Ons is vasgevang in ‘n illusie van vryheid; dit is makliker net om te bly in ‘n gemaksone van stabiliteit eerder as om gesag aan te vat en die gevaar te loop van ‘n onsekere toekoms.
Ek is van die opinie dat ons (veral) in die Weste demokrasie verwar met ‘keuse’. Net die feit dat ek ‘mark vryheid’ het (die vryheid om enige iets te koop wat ek wil), beteken nie ek het insae oor al die magstrukture wat beheer uitoefen oor my lewe nie.
In die woorde van Slavoj Zizek: “We act as if we are free to choose, while silently not only accepting but even demanding that an invisible injunction tells us what to do and think...This is why in ‘free elections’ there is always a minimal aspect of politeness: those in power politely pretend that they do not really hold power, and ask us to decide freely if we want to give them power – in a way which mirrors the logic of a gesture meant to be refused” (2009:134, 135).
Hoe is dit dus moontlik vir die individu om ‘n leierskap posisie in te neem in ‘n korporasie (of enige ander institusie) en daadwerklike, praktiese verandering te weeg te bring? Soos vroeër genoem moet ons die idee van korporasies as werkende ‘masjiene’ laat vaar en erken dat dit komplekse sisteme is wat bestaan uit mense wat in interaksie is met mekaar en sosiale netwerke vorm. Hierdie netwerke bestaan nie net binne die grense van die gegewe korporasie/ institusie nie maar oorvleuel met ander sosiale netwerke waarin mense betrokke is; dit
Met die verspreiding en ontwikkeling van nuwe tegnologie het die ‘afstand’ tussen individue grootliks verkort en kan daar nou opreg gepraat word van ‘n ‘global village’ waar mense kan assosieer op grond van gemeenskaplike betekenisvolle konteks. Mens hoef net terug te dink aan die rol wat die internet gespeel het in die organisasie van betogings gedurende die WTO vergaderings in 1999 (Capra 2002: 80), of meer onlangs die rol van sosiale netwerk webwerwe soos Twitter of Facebook in die ‘Arab Spring’.
Leiers is dus nie meer slegs tradisionele outiriteits figure nie, maar enige persoon met toegang tot sosiale netwerke
Ek dink nie vir een oomblik dat daar ‘n tower formule is en dat individue ewe skielik drastiese veranderings teweeg gaan bring nie, maar ek dink wel ons moet meer klem plaas op die kultuvering van leierskap en vrye denke, sodat spontane leierskap aangemoedig kan word. ‘n Groot problem (en hierdie is slegs my opinie) is dat ons tertiëre inrigtings nie meer institusies is waar vrye denke aangemoedig word nie. Bevondsing deur korporasies en ander privaat instansies bepaal al hoe meer die tipe navorsing wat plaasvind. Grade word gestruktureer volgens die bepalings van industrie sodat studente poste
Op die oomblik is dit asof ons beide kante van ons brood gebotter wil hê; daar
‘n Voorbeeld van so ‘n proses is die ontstaan van gemeenskaps gebaseerde stedelike voedselproduksie in Kuba. Dit was nie ‘n gelykmatige proses nie, maar gebore uit noodsaak om alternatiewe oplossings te vind na die val van die ou Sovjet Unie hul toegang tot olie afgesny het. Meer onlangs was daar die opstande in die Midde Ooste, die sogenaamde ‘Arab Spring’, maar weereens was dit ‘n katarsiese proses meegebring deur dekades lange outokratiese onderdrukking.
Ons soek almal ‘n gelukkige einde, en ek sal byvoeg dat ek glo pragmatisme
Bibliografie
Capra, F. 1996. “Deep Ecology – A New Paradigm” in Web of Life: a new scientific understanding of living systems, Anchor Books,
Capra, F. 2002, “Life and Leadership in Organisations” in Life and the Hidden Connections, Harper Collins,
Hattingh, J. 1999. Finding Creativity in Diversity of Environmental Ethics. Southern African Journal of Environmental Education, No. 19, pp.68-84.
Heifetz, R. A., 1995. – “The Roots of Authority” in Leadership without easy answers.
Intergovernmental Panel on Climate Change 2007, Climate Change 2007, United Nations Environment Program,
Norton, B. 1991. “The Environmentalists’ Dilemma” in Toward Unity among Environmentalists.
Palmer, C. 2003, “An Overview of Environmental Ethics”, in Environmental Ethics: An Anthology. Edited by Andrew Light and Holmes Rolston III. Blackwell,
Stern, N. 2007, Stern Review: Economics of Climate Change,
Zizek, S. 2009, First as Tragedy, Then as Farce. Verso,